Hola-Gro

Die Begin

IN die begin het God die hemel en die aarde geskape. En die aarde was woes en leeg, en duisternis was op die wêreldvloed, en die Gees van God het gesweef op die waters. En God het gesê: Laat daar lig wees! En daar was lig. Toe sien God dat die lig goed was. En God het skeiding gemaak tussen die lig en die duisternis; en God het die lig dag genoem, en die duisternis het Hy nag genoem. En dit was aand en dit was môre, die eerste dag.

Adam en Eva

Die tuin was vol blomme, bome en diere. Toe het God die eerste mens, Adam, uit stof gemaak en in sy neusgate geblaas. Weet jy wat gebeur het? Die mens het ’n lewende persoon geword! Jehovah het gesê dat Adam na die tuin moet kyk, en God het vir hom gesê om al die diere name te gee. Jehovah het later gesê: ‘Ek gaan vir Adam ’n helper maak.’ Hy het Adam aan die slaap gemaak, en toe het God een van Adam se ribbebene gebruik om ’n vrou vir Adam te maak. Haar naam was Eva.

Noag en die Ark

Die HERE het vir Noag gesê: “Jy en jou gesin moet in die ark ingaan, want onder al die mense op die aarde is dit jy alleen wat opreg lewe. Jy moet ook sewe mannetjies en sewe wyfies van elke diersoort wat Ek goedgekeur het as geskik om te eet en te offer saamvat. Neem ook een mannetjie en een wyfie uit elk van die ander diersoorte. So ook moet jy sewe mannetjies en sewe wyfies van elke voëlsoort neem om hulle voortplanting op die aarde te verseker.

Simson

Ken jy die naam van die sterkste man wat nog ooit gelewe het? Hy is ’n rigter met die naam Simson. Simson kry sy krag van Jehovah af. Nog voordat Simson gebore word, sê Jehovah vir sy ma: ‘Jy sal binnekort ’n seun hê. Hy sal die leiding neem om Israel van die Filistyne te verlos.’